
=====================================================================
Di koor gee jou hoop (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Di koor gee jou hoop

Die multikulturele Libertas-koor onder leiding van prof. Johan de Villiers   van Stellenbosch vier vanjaar sy tiende bestaansjaar. 
Jacqueline Leuvennink   vertel iets oor die koor se dekade-lange pad. ONS eerste naweek-koorkamp was in Mei 1989 op die walle van die 
Eersterivier. Bedags het die ongeveer sewentig sangers, baie bewus van mekaar se andersheid, sy aan sy gespook om die note in ons kele te 
laat pas. Snags het ek, half oorweldig deur die dag se wolk van indrukke en klank, l en luister na die swart vroue se rustige 
laatnaggesels met die kenmerkende tongklap wat vir ons terselfdertyd so bekend en so vreemd was. En gewonder waarheen hierdie pad, so 
sonder enige bestaande bakens, ons sou lei.

Vanjaar, tien onbegryplik wonderlike jare later, beplan ons om ons tiende verjaardag in die VSA te vier. Dit sluit optredes in by die 
Rockefeller Universiteit en die Riverside Church in New York, die AME Church in Queens en 'n uitvoering in die Harvard Yard by die Harvard 
Universiteit. Nog hoogtepunte in 'n reeks buitengewone ervarings wat niemand van ons destyds kon voorsien nie.

Koorlede besig met wat hulle die liefste doen.

Die pers het reeds kort n die beskeie, brose begin in 1989 begin verwys na "die koor wat bre bou". Dit was nog in die tyd voor die 
verkiesing en ons het asem opgehou, want die probleme was legio en die brugbouers feilbaar. N 'n paar jaar het twee swart koorlede, Ray en 
Nora Kewana,   egter verwoord wat ons almal met verwondering toenemend besef het: "Die brug wat ons aan die bou is, word al hoe sterker. En 
al hoe meer mense begin op die brug loop, hoewel dit nog nie heeltemal voltooi is nie "

Onder die bekwame leiding van 'n toegewyde Johan de Villiers is 'n nuwe klank mettertyd gebore. Met agter die klank tagtig mense wat elkeen 
vanuit sy of haar unieke agtergrond by die koor aangesluit het om met musiek oor die grense van taal, kultuur, beroep en ouderdom te klim 
en 'n gemeenskaplike boodskap van welwillendheid uit te dra.

N die eerste binnelandse toer het een van die koorlede, Tarnia van Zitters,   die volgende ges oor die impak wat die koor op haar lewe 
gehad het: "Voor ek by die koor aangesluit het, het ek blankes gehaat. Full stop. As ek nie kom sing het nie, sou ek nooit die geleentheid 
gehad het om deur daardie grense te breek nie.

"Ek was bang vir seerkry en al my verdedigingsmeganismes was in werking. Maar daar was iets so opregs in die manier waarop hulle van hul 
trappies afgeklim, my hand gevat en ges het kom ons pak die reis verder saam aan. Ek het geen verweer daarteen gehad nie.

"Ek moes van my radikale, gekwetste troontjie afklim en na mense as individue begin kyk. 'n Mens kan nie die res van jou lewe bly griewe 
koester nie. Die koor was vir my werklik 'n brug. Een wat my oorkant toe gevat het na vriendskappe wat my lewe oneindig verryk het. Ek kan 
nou nog soms nie glo dat ek so lief vir hierdie Boere geword het nie!"

Die wedersydse genot aan mekaar se geestesgoedere het meegehelp om die boodskap van hoop en versoening aan geesdriftige gehore deur die 
hele land en later op twee Europese toere uit te dra. Van die "swaar heerlikheid van 'n oratoriumkoor", waarvan T.T. Cloete dig, tot die 
uitbundige   dans-en-sing van 'n Xhosa-volksliedjie het keer op keer hul praatwerk in die binnekamers van mense se harte bly doen.

Verlede jaar was dit veral Die Pad na Jerusalem,   Martie Driessen   se verwerking van geestelike liedere soos gesing deur hoofsaaklik 
bruin gemeentes, wat van Vredendal tot in Vlaandere gehore gaande gehad het. "Julle het vir ons kom wys dat die musiek en die woorde uit 
ons kindertyd, waarvoor ons ons soms skaam as die ouer mense dit sing, in die o van die Here baie spesiaal kan wees," het die opregte 
bedanking in die VGK gemeente op Vredendal gelui.

N afloop van die uiters geslaagde konserttoer deur Belgi as gaste van die Vlaams Suid-Afrikaanse Cultuurstichting in Oktober verlede jaar 
skryf een van ons gashere watter indruk dit op hom gemaak het in sy land, waar die kerk 'n geestelike "laagpitje" beleef, dat die koor 'n 
dankgebed oor etes sing en 'n kort gebed voor optredes doen. "Het doet deugd de samenhorigheid te zien en te voelen van de verschillende 
etnische groepen die fier zijn deel uit te maken van een jonge natie." Hy spreek ook sy bewondering uit vir Johan as dirigent wat op 'n 
kalm manier "zijn koor volledig in de hand had".

Ander kommentaar uit Vlaandere is: "De artistieke kwaliteit was topklasse, de sfeer voor en n het optrede was heel menselijk, ontroerend 
zelfs. In het Libertas-koor is geen enkele cultuur of taal dominant, want hun optreden laat alle gemeenschappen van Zuid-Afrika aan bod 
komen. Dit gebeurt in respekt voor mekaar maar tegelijk ook met een duidelijke bevestiging van de eigenheid, van het 'anders zijn'."

Tien jaar is verby waarin die Libertas-pad verby groot staatsmanne en glansryke geleenthede soos die optrede by die Wreld Ekonomiese Forum 
in Davos, Switserland, gekronkel het tot in die eenvoudige, dankbare hart van 'n kerkie in Langa. Met altyd verrassende gevolge vir koor en 
gehoor.

N 'n navorsingsbesoek van ses weke in Suid-Afrika in noue samewerking met die Libertas-koor gee Ben Locke, 'n Amerikaanse professor in 
musiek aan   die Universiteit van Ohio, verlede jaar sy gewaarwordings in 'n verslag aan sy universiteit soos volg weer. "In a country 
where communities remain divided socially, economically and geographically, there are very few places where members of these communities 
can learn to interact, to trust. Libertas provides such an environment, yet the interaction is allowed to happen at its own pace, unforced, 
natural, inevitable.

'The good that this choir accomplishes is nothing short of remarkable. As one 20-year old said, 'If you sing in the Libertas Choir, you 
have to have hope. And if you didn't have hope before, Libertas will give it to you.'" Jacqueline Leuvennink   is vryskutjoernalis en 
stigterlid van die Libertas-koor.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6124.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

